Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Wednesday, October 8, 2008

WEGDWAAL

‘N sterverskiet trek ‘n lang wit streep.
Vallend verlos uit die hemelruim se greep.
Vergaanend val hy in doodsgang na benede.

Niemand mis hom tossen al die duisend
En voort skyn die ander flik-rend kuisend
Of wie gee dan om dis tog net ‘n ster.
Of wie het belange hy’s dan so ver.

Nou alook hoe nietig nou sterriekie wat kwyn.
Dis tog ‘n ou liggie wat nie meer skyn.
En al is daar ook baie, en een ster kunk nietig.
Met elke vergawe word God’s hart verdrietig.

Of al sou sy lig dalk elders dan flicker.
Is dit nie die doel gegeef sy beskikker.
Want hy’t tog sy plek, uniekheid sy baan.
Gegeef die gawe van voortbestaan.

Want klein, nietig, nederig bewoee.
Word groot geag in die skepper se oe.
En al sou jy dan voel soos ‘n ster wat verskiet.
Bid en vra, die here sal dit verbiet.

Die kwaad verwerp, die goeie beloon.
Of met verderf, of met ‘n kroon.
Hou al is jy dan onder of dalk bo.
Kyk na die lewe, deur ‘n kind se oe.

Seisoene

Tip tip tip tip, dis die wintertaal van die geute.
Soos die nasdou afdrup deur die splete.
Met koue wat jou op jou tande laat kners.
Kruip gou dieper, onder jou kombers.

Ja my friend die winter is hier.
Ons kan dit voel in die weer se gier.
Oortrek met ryp die welde sterf.
Groei kom tot stilstand op eleke werf.

Seisoene verander jaar na jaarom.
Soms wonder en vra ons waarom.
Dan kom die antwoord opgetooi.
Luister hier, en luister mooi.

In lente begin nuutgebore lewe
Raaisel agtig pragtig god’s gegewe.
Dan blom en bloei die veld in prag.
In kleur en geur foels sins en lag.

Dan kon somer met sonne skyn.
Die lewe groei met groot vennyn.
Word sterker, groter, reik nabowe.
Om god vir lewe te kan lowe.

Maar dan kom herfs, alles droog en vaal.
Boom en blom raak leeg en kaal.
Herfs klink na dood, maar dis tog soet,
Want dit skep plek vir nuwe bloed.

Ja seisoene moet kom en ook weer gaan.
Soms vreugdevol, soms met ‘n traan.
Nou wonder nie meer blaas dood die kers.
En kruip gou dieper, onder jou kombers.

WEGGEGOOI

In Hillbrow se vuil en donker strate.
Le kinders snags en slap, verlate
Met verwarring en weemoed is hulle bedeel.
Hul ken geen liefde lag of speel.

Dagga en gom, so gekrenke.
Om weg te kan kom van suiwer denke.
Want terugdink huistoe maak net seer.
Aan ‘n weggooi kind, so verweer.

Terug wil hy nie na overhuis.
Want te swaar is die dra van daardie kruis.
Geslaan, gevloek, verniel word hy.
Hier in die strate wil hy eerder bly.

‘N emosielose lewew en sonder gier.
Is beter as wat hy by die huis verdier.
By die huis is hy ‘n gevangene van geweld.
Hier is hy, soos ‘n vlinder in die veld.

Soms stort n traan wanneer hy dink.
Hoe sy ouers baklei vloek en drink.
Maar vee dan sy trane met die mou van sy hemp.
En vergeet sy hartseer, sonder nadink gedemp.

En wanneer hy dan bedwelmd aan die slaapraak.
Is daar tog niks wat eintlik meer saak maak.
En as wakker word ook nie kom in die more.
Is hy maar net weg, hy is tog verlore.

LEWEN’S STORMS

Die hemeldruin bo is swaar bewolk.
‘N dreigende massa wat maal en kolk.
Bliksem strale skiet na benede.
Vader, verhoor tog ons smeek gebede.

Dan donder die weer soos ‘n leeu se brul.
Die huis en skuur staan in vlamme gehul.
Mens en dier hardloop vir beskut.
Want die gietende reen dien geen nut.

Dan bars die hemelruin in water vloed.
Sonder genade vergiet hy bloed.
Verspoel, verniel, in dolle vaart.
Verwoestende, meedoonloos, onbedaard.

In ‘n oogwink is alles verby
‘N duiwel wraak is op die aarde bevry.
Maar tog so mooi is die wat nog lewe.
Aldan so bang met harte wat bewe.

En nederig kan se, ons,Heer ons koning.
Aan hulle gee hy, die hemel as woning.