Wednesday, October 8, 2008

WEGGEGOOI

In Hillbrow se vuil en donker strate.
Le kinders snags en slap, verlate
Met verwarring en weemoed is hulle bedeel.
Hul ken geen liefde lag of speel.

Dagga en gom, so gekrenke.
Om weg te kan kom van suiwer denke.
Want terugdink huistoe maak net seer.
Aan ‘n weggooi kind, so verweer.

Terug wil hy nie na overhuis.
Want te swaar is die dra van daardie kruis.
Geslaan, gevloek, verniel word hy.
Hier in die strate wil hy eerder bly.

‘N emosielose lewew en sonder gier.
Is beter as wat hy by die huis verdier.
By die huis is hy ‘n gevangene van geweld.
Hier is hy, soos ‘n vlinder in die veld.

Soms stort n traan wanneer hy dink.
Hoe sy ouers baklei vloek en drink.
Maar vee dan sy trane met die mou van sy hemp.
En vergeet sy hartseer, sonder nadink gedemp.

En wanneer hy dan bedwelmd aan die slaapraak.
Is daar tog niks wat eintlik meer saak maak.
En as wakker word ook nie kom in die more.
Is hy maar net weg, hy is tog verlore.

No comments: