Tip tip tip tip, dis die wintertaal van die geute.
Soos die nasdou afdrup deur die splete.
Met koue wat jou op jou tande laat kners.
Kruip gou dieper, onder jou kombers.
Ja my friend die winter is hier.
Ons kan dit voel in die weer se gier.
Oortrek met ryp die welde sterf.
Groei kom tot stilstand op eleke werf.
Seisoene verander jaar na jaarom.
Soms wonder en vra ons waarom.
Dan kom die antwoord opgetooi.
Luister hier, en luister mooi.
In lente begin nuutgebore lewe
Raaisel agtig pragtig god’s gegewe.
Dan blom en bloei die veld in prag.
In kleur en geur foels sins en lag.
Dan kon somer met sonne skyn.
Die lewe groei met groot vennyn.
Word sterker, groter, reik nabowe.
Om god vir lewe te kan lowe.
Maar dan kom herfs, alles droog en vaal.
Boom en blom raak leeg en kaal.
Herfs klink na dood, maar dis tog soet,
Want dit skep plek vir nuwe bloed.
Ja seisoene moet kom en ook weer gaan.
Soms vreugdevol, soms met ‘n traan.
Nou wonder nie meer blaas dood die kers.
En kruip gou dieper, onder jou kombers.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
yup. this one's got something.
Post a Comment